Read & Study the Bible Online - Bible Portal
Die vyf vlakke van leierskap
Baie leiers weet soms nie waar om te begin om hul leierskapvaardighede te ontwikkel
nie. Hulle het meestal nie die ervaring om groter leierskapgeleenthede aan te
gryp nie.
In sy nuutste boek, Die 5 vlakke van leierskap, gee John C. Maxwell doeltreffende
riglyne vir dié wat grense in hulself wil oortref om sterker leiers te word. Hy
beskryf vyf verskillende stadiums in die evolusie van ’n kragtige leier:
Vlak een: Posisie – Mense volg jou omdat hulle moet.
Vlak twee: Toestemming – Mense volg jou omdat hulle wil.
Vlak drie: Produksie – Mense volg jou as gevolg van wat jy vir die
organisasie doen.
Vlak vier: Mense-ontwikkeling – Mense volg jou as gevolg van wat jy vir
hulle persoonlik gedoen het.
Vlak vyf: Toppunt –Mense
volg jou as gevolg van wie jy is en waarvoor
jy staan.
Maxwell beskryf elke vlak deur grondige verduidelikings en voorbeelde wat lesers
sal wys hoe hulle van een vlak na die volgende kan vorder om invloedryke, gerespekteerde
en suksesvolle leiers te word.
Kindle Edition, 295 pages

Published October 5th 2011 by Struik Christian Media

Group of Brands