Ek het gedink ek wil hierdie boodskap opneem om mense wat verlies in hierdie inperkingstyd beleef, te troos. Óók vir diegene wat sonder 'n lewensmaat hierdie krisis met al die emosies alleen moet trotseer. Die lewendige akoestiek van die kapel beïnvloed die klankkwaliteit, maar die boodskap is belangrik en die omstandighede rou en eg. Mag dit tot seën wees vir jou.