Die Gereformeerde Kerk Totiusdal in Waverley, Pretoria, sing Psalm 145:3 en 4 tydens die tweede van vier Nagmaaltafels op Sondag 23 Februarie 2020 tydens die laaste erediens onder leiding van ds. Henk Stavast, wat die beroep na die Gereformeerde Kerk Nylstroom aanvaar het. Dit was ook die laaste keer dat sy vrou, Maronel, die gemeente op die orrel begelei het.