Om die skeiding tussen die heilige en die onreine te handhaaf,
moet die deure toe wees ...
toe deure in die Godshuis,
toe deure in die kerke,
toe deure in die gesinshuis.

Bron:
Lees: Genesis 19:1-38
Teks: Genesis 19:6
"Daarop gaan Lot na hulle toe uit voor die ingang
en sluit die deur agter hom toe"

Daar is net twee soorte geslagtelike omgang
Die een soort geslagtelike omgang verkondig
die uiteindelike eenwording van Christus met sy kerk.
Die ander geslagtelike omgang
is die Satan se perversie daarvan.

Om die skeiding tussen die heilige en die onreine te handhaaf,
moet die deure toe wees ...
toe deure in die Godshuis,
toe deure in die kerke,
toe deure in die gesinshuis.

Vir so lank as wat ons wag vir die wederkoms,
sal dit die geval wees.
Van die gelowiges word verwag
om hulle slaapkamerdeure toe te hou,
word verwag
om hulle voor-en agterdeure toe te hou,

Die HERE het die stad Sodom verwoes,
maar die Sodom het toe reeds
‘n greep gehad op siel van Lot gehad.
Op sy siel en ook op die siele van sy dogters.

Die seksuele verdorwenheid,
wat so kenmerkend is van ‘n lewe buite God
kom na vore in hierdie laaste verse in Genesis 19.

Lot het dus daarin geslaag
om die voordeur van sy huis vir die sodomiete te sluit.
Die agterdeur het egter wawyd oop gestaan ...

Slotgebed (getranskribeer na die erediens)
Genadige God en Hemelse Vader,
Daar is geeneen wat rein voor U staan nie!
Daar is geeneen wat rein van hande
en suiwer van hart voor u aangesig staan nie.

En daarom beroep ons ons net
op onse Here Jesus Christus:
dat ons in hierdie wêreld staande kan bly,
'n wêreld wat gaan van kwaad na erger
op soveel terreine;
dat ons en ons kinders en ons geliefdes
staande sal bly!
Ons bid dat U ons waaksaam sal hou;
dat U ons oë sal oopmaak
vir dit van Sodom wat alreeds in ons huise is!
Ons bid dat U weer vaders sal gee
wat nie sal skaamwees om te sê:
So sê die HERE Here nie!
Dat U leraars sal roep in u kerke
wat nie sal skaamwees om te sê:
So sê die HERE Here nie!

En dan bid ons dat die Heilige Gees
sy werk sal doen,
soos Hy nog altyd gedoen het!

Ons vra dat U in u wonderlike genade
ook aan diegene krag sal gee
wat swaarkry om die versoekinge te weerstaan.
Ons bid dat U vir ons sal help
in hierdie gemeente en elke gesin hierso.

En U sorg so wonderlik vir ons!
Ons het daarbuite die belofte van reën
en ons bid dat dit nog meer sal word!

Maar bo dit, bid ons dat u Gees
kragtig in ons lewens uitgestort sal word!
Ons vra dit in die Naam van onse Here Jesus Christus.
Amen.

Is u 'n gelowige in die buiteland of 'n gemeente buite bereik van suiwer Woordverkondiging? Of het u het 'n verlange om die Evangelie te ervaar? Dan is u op die regte plek. Welkom by die Gereformeerde Kerk Matlabas se internetbediening!

Skryf asb in op ons YouTube kanaal!

1) Reformasie 500 feesproduksie (Musiekdrama): Uit Diep van Donker Nagte kan bestel word vanaf reformeer@gmail.com
Besoek gerus #uitdiepvandonkernagte op FB.
Please watch: "Die DVD Uit Diep van Donker Nagte Reformasie 500 Reformation 500" (Lokfilm) https://youtu.be/3SzZBe2Ean8

2) Kry 'n gratis transkripsie van hierdie preek en ander preke weekliks:

3)Skryf in op ons poslys by reformeer@gmail.com

Van ons preke het onderskrifte en is dus toeganklik vir dowes.

4) Beskikbaar:
Volledige Bybelstudie CD-reekse: Openbaring (20 CD's)
Bybelstudie CD-reeks: Ps 1-50 (25 CD's)
Hierdie Bybelstudiereekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges.

Kategismusreekse: Heidelbergse Kategismus, Nederlandse Geloofsbelydenis, Dordtse Leërreels.
Ontbeer u 'n aanddiens/Kategismusprediking? Hierdie reekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges.

5) Epos u vrae oor hierdie preek of enige ander geloofsake.
Kontak ons: reformeer@gmail.com

6) Besoek ons Faceboek-blad: Gereformeerde Kerk Matlabas en teken asb in! Ons bosveldgemeente is 101 jaar oud.
7) Dit is ons roeping om in hierdie kanaal deur preke, Bybelstudies en Kategismusuitleg die Evangelie te versprei in Suid-Afrika, maar ook orals in die wêreld waar gelowiges ‘n behoefte het om die Woord te hoor.
Die kanaal het in 2016 begin en Ina is voltyds daarmee besig. Ons verbeter voortdurend die kwaliteit van ons video’s deur o.a. ons toerusting op te gradeer.
Indien u GK Matlabas Mediadienste finansiëel wil ondersteun, kontak ons asb by reformeer@gmail.com
Ons sal graag persoonlik met u in verbinding wil tree.