Ons Stellenbosch Moedergemeente wil in afhanklikheid van God ‘n Rivier van Lewende Water wees. Ons bely dat Jesus Christus die lewende water God die Vader die oorsprong en die Heilige Gees die vernuwende krag is. Ons bid dat hierdie lewende water soos ‘n bruisende stroom deur ons gemeente sal vloei en wyd sal vertak om die gemeenskap en die wêreld te reinig, lewe te gee, en hoop te bring.